Learning Community

LC 3

Gys fasiliteer fliek Doubt



Gaan kyk na die confrontation trailer:


Stephan Joubert: Die eenvoud gedrewe leier_1.ppt



Pieter Breytenbach: LC 2009_1.ppt




Pierre du Plessis: click op die link om te gaan na www.wefeelfine.org


'n Jesus Manifes

‘N “MAGNA CARTA”
VIR DIE HERSTEL VAN DIE HEERSKAPPY VAN
JESUS CHRISTUS
OOK BEKEND AS
‘N JESUS MANIFES
VIR DIE 21STE EEUSE KERK
DEUR LEONARD SWEET EN FRANK VIOLA.

Christene het die evangelie oor so baie dinge gemaak… dinge wat anders is as Christus.
Jesus Christus is die trekkrag wat alles saambring, en aan alles realiteit, belang en betekenis gee. Sonder Hom sal alles hul waarde verloor. Sonder Hom is alle dinge maar bloot losstaande objekte wat in die ruimte rondsweef.
Dit is heeltemal moontlik om klem te le op ‘n geestelike waarheid, waarde, kenmerk of gawe, en steeds Christus te mis…. Hy wat die verpersoonliking en inkernasie is van alle geestelike waarheid, waardes, kenmerke en gawes.
Soek of smag na ‘n waarheid, ‘n waarde, ‘n kenmerk of ‘n geestelike gawe, en jy het bloot iets bereik wat leweloos is.
Soek of smag egter na Christus, ontvang Christus, ken Christus, en jy het Hom aangeraak wat die Lewe is. En in Hom is die bron van alle Waarheid, Waardes, Kenmerke en Gawes… in hul volheid. Skoonheid en prag het hul betekenis in die skoonheid en prag van Christus, in wie alles te vinde is wat ons pragtig en kosbaar maak.
Wat is Christenskap? Dit is Christus. Niks meer nie. Niks minder nie.Christenskap is nie ‘n ideologie nie. Christenskap is nie ‘n filosofie nie. Christenskap is die “goeie nuus” dat Skoonheid, Waarheid en Goedheid te vinde is in ‘n Persoon. Bybelse gemeenskap het ontstaan, en bestaan steeds, binne die verhouding met daardie Persoon. Bekering is meer as ‘n blote verandering van ‘n rigting. Dis ‘n verandering van ’n verhouding. Wanneer Jesus die antieke Hebreeuse woord ‘shubh’ gebruik, of die Aramese ekwivalent daarvan, dan beteken dit dat Sy oproep tot “bekering” heogenaamd nie impliseer dat mens God vanaf ‘n afstand beskou nie, maar dat jy tot ‘n verhouding toetree waar God die sentrale beheer en middelpunt van jou menslike bestaan word.
In hierdie verband beleef ons ‘n massiewe onderbeklemtoning deur die kerk van ons dag. Daarom hierdie Manifes.
Ons glo dat die grootste siekte van die kerk van ons dag beskryf kan word as GJD: Gebrek aan Jesus Disfunksie. Die persoon van Jesus word toenemend polities onaanvaarbaar, en word vervang met die taal van “geregtigheid”, “die koninkryk van God”, “waardes” en “leierskap beginsels”.
In hierdie tyd voel ons dat God ons roep om ‘n getuie te wees vir die sentraliteit en heerskappy van ons Here, Jesus Christus. Spesifiek…
1. Die kern en middelpunt van die Christelike lewe is niks anders nie as die Persoon van Jesus Christus. Alle ander dinge, insluitend sake wat met Hom te make het of oor Hom handel, word oorskadu deur Sy onmeetbare waarde. Om Christus te ken is die Ewige Lewe. En om Hom intiem, diep en in realiteit te ken, en daarmee saam Sy diespste rykdom te ontdek, is die hoof strewe van ons lewens, net soos dit vir die eerste Christene was. God is nie in hoofsaak daar om dinge reg te maak wat verkeerd geloop het in ons lewens nie – Hy is eerder daar om ons binne ons gebrokenheid te vind en aan ons Christus te gee.
2. Jesus Christus kan nie van sy leringe geskei word nie. Aristoteles se aan sy dissipels: “Volg my leerstellings”. Sokrates se aan sy dissipels: “Volg my leerstellings”. Buddha se aan sy dissipels: “Volg my meditasies.” Confucius se aan sy dissipels: “Volg my aanhalings.” Mohammed se aan sy dissipels: “Volg my eerbare beginsels.” Jesus se aan sy dissipels: “Volg My.” In alle ander godsdienste op aarde kan die volgeling binne die godsdiens daardie godsdiens navolg sonder om ‘n verhouding met die stigter van die godsdiens te he. Met Jesus is dit anders. Die leerstellings van Jesus kan nie van Jesus self geskei word nie. Jesus Christus is steeds lewend, en hy is die verpersoonliking van al Sy leerstellings. Dit is dus ‘n radikale fout om Jesus te beskou as bloot die stigter van ‘n stel morele, etiese of sosiale leerstellings. Die Here Jesus en sy leerstellings is een en dieselfde. Die Boodskapper en die Boodskap is Een. Jesus is die inkarnasie van die koninkryk van God en van die Bergpredikasie.
3. God se hoof missie en Sy ewige doelwit op aarde en in die hemel draai rondom Christus… beide die individuele Christus (die Hoof) en die korporatiewe Christus (die Liggaam). Die heelal is op pad na ‘n enkele finale doelwit: die volheid van Christus waar Hy alles met Homself sal vul. Om dus waarlik missioner te wees en te lewe, beteken om jou lewe en jou bediening te bou op Christus. Hy is beide die hart en die bloedstroom van God se plan. Om dit te mis, is om die punt van alles te mis, en sodoende, ja, alles te mis.
4. Om ‘n volgeling van Jesus te wees het nie so baie te make met die ‘nabootsing’ van Jesus, as wat dit meer te make het met inplanting en oorplanting van ‘n wese en ‘n hart. Inkarnasie – die begrip dat God met ons kontak maak deur die vorm van ‘n mense-baba en menslike aanraking – is die mees skokkende doktrine van die Christelike godsdiens. Hierdie inkarnasie is beide eens-en-vir-altyd asook deurlopend, aangesien die Een “wat was en wat is en wat weer kom” Sy opstandingslewe in ons en deur ons leef. Inkarnasie is nie slegs van toepassing op Jesus nie; dis van toepassing op elkeen van ons. Natuurlik nie in dieselfde opofferende wyse nie. Maar naby. God het aan ons Sy “Gees” gegee, wat Christus “eg” maak in ons lewens. Ons is, soos Petrus dit gestel het, “deelgenote van die goddelike natuur”. Hoe is dit dan moontlik dat ons, te midde van sulke ondenkbare waarheid, steeds bloot smag na speelgoed en minderwaardige vervulling? Hoe kan ons tevrede wees met mindere gawes, en onsself ophou met godsdienstige en geestelike dingetjies? Ons is uit die hoogte uit aangeraak deur die vuur van die Almagtige God, wat aan ons goddelike lewe gegee het… ‘n lewe wat deur die dood gegaan het… dieselfde opstandingskrag van God se eie Seun. Hoe kan dit ons nie oorweldig nie?
Om dit in ‘n vraag te stel: Wat was die engin, of die aandrywer, van Jesus se fantastiese lewe? Wat was die onderbou of die stukrag agter Sy sigbare gedrag? Dit was dit: Jesus het geleef deur ‘n Vader Christus, is Jesus nou vir jou en vir my. Hy is ons inwonende Nabyheid, en ons deel nou in Jesus se persoonlike verhouding wat Hy met Sy Vader het. Daar is ‘n hemelsbree verskil tussen die poging om Christene te kry om Jesus na te boots, en om te leer om vanuit ‘n inwonenede Christus te leef. Die eersgenoemde eindig altyd in mislukking en frustrasie. Die laasgenoemde is ons poort na die ware lewe en vreugde, in die aardse lewe en daarna. Ons staan by Paulus se uitspraak: “Christus lewe in my.”
Ons lewe is Christus. In Hom leef ons, haal ons asem, en is ons hele wese. “Wat sou Jesus doen?” is nie Christenskap nie. Christenskap vra: “Wat doen Jesus deur my… deur ons? En hoe doen Jesus dit?” Om Jesus te volg beteken om te vertrou en te gehoorsaam (reageer), en om deur Sy wese in ons te leef, deur die krag van die Heilige Gees.
5. Die “Jesus van die geskiedenis” kan nie losgemaak word van die “Christus van ons geloof” nie. Dieselfde Jesus wat op die strande van die See van Galilea gestap het, is die Jesus wat binne ons en deur die kerk leef vandag. Daar is geen onderskeid tussen die Jesus in die Evangelie volgens Markus en die ongelooflike, alles-insluitende kosmiese Christus van Paulus se brief aan die Kolossense nie. Die Christus wat in die eerste eeu geleef het, het al voor die bestaan van tyd bestaan. Hy bestaan ook buite tyd, en na afloop van die einde van tyd. Hy is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde, die A en die Z, alles gelyktydig. Hy is in die toekoms en by die einde van tyd, op dieselfde tyd as wat Hy binne in elkeen van Sy kinders aanwesig is. Die mislukking om hierdie skynbaar teenstrydige waarhede te aanvaar en te omarm het enorme probleme veroorsaak en het ons die grootheid van Christus in die oe van God se mense verskraal tot iets wat ons in ons begrip kan inpas.
6. Dit is moontlik om die “doel” van Christus te verwar met die persoon van Christus. Wanneer die vroee kerk die uitspraak gemaak het “Jesus is die Here”, het hulle nie daarmee bedoel “Jesus is my kernwaarde” nie. Jesus is nie ‘n doelwit nie; Hy is ‘n egte en lewende persoon wat geken kan word, liefgehe kan word, ervaar kan word, verhoog kan word en verpersoonlik kan word. Om op Sy missie of Sy doelwit te fokus is nie dieselfde as om op Hom as persoon te fokus of om Hom te volg nie. Dis is absoluut moontlik om die “god” van “om-Jesus-te-dien” te aanbid eerder as om Hom te dien met ‘n hart wat oorweldig is, en verander is deur Sy onbeskryflike skoonheid en onmeetbare liefde. Jesus het ons gelei daarna om anders aan God te dink… as ‘n verhouding, as die God van alle verhoudings.
7. Jesus Christus was nie ‘n sosiale aktivis of ‘n filosoof nie. Om Hom op daardie manier voor te stel, is om Sy glorie te verdof en Sy uitnemendheid af te water. Die enigste wapen waarmee die poorte van die hel bestrom kan word, is nie ‘n uitroep vir geregtigheid nie, maar die naam van Jesus. Jesus Christus is die verpersoonliking van Geregtigheid, Vrede, Heiligheid en Regverdigheid. Hy is die som van alle geestelike dinge, die “vreemde aantrekkingskrag” van die kosmos. Wanner Jesus ‘n abstraksie word, verloor geloof sy reproduserende krag. Jesus het nie gekom om slegte mense goed te maak nie. Hy het gekom om dooie mense lewend te maak.
8. Dit is moontlik om akademiese kennis of teologie oor Jesus te verwar met persoonlike kennis oor van die lewende Christus self. Hierdie twee staan so ver uitmekaar soos ‘n honderd duisend miljoen melkwegstelsels in die heelal. Die volheid van Christus kan nooit begryp word bloot deur die frontale lob van die menslike brein nie. Die Christelike geloof beweer om rasioneel te wees, maar reik ook terselfdetyd uit na verskeie misteries. Die genesing vir ‘n groot kop is ‘n groot hart.
Jesus het nie dissipels toegerus met handboeke van sistematiese teologie nie. Hy het hulle toegerus met Sy lewe en Sy liggaam.
Jesus laat nie Sy dissipels agter met ‘n geloofsformulier waarvolgens hul God en ander mense moet liefhe nie. Jesus gee aan Sy dissipels wonde om aan te raak en hande om mee te genees.
Jesus laat nie Sy dissipels agter met ‘n intellektuele geloofsisteem of ‘n “Christelike werelsbeskouing” nie. Hy laat Sy dissipels met ‘n verhoudings-gebasseerde geloof.
Christene volg nie ‘n boek nie. Christene volg ‘n Persoon, en die biblioteek van goddelik geinspireerde boeke wat ons die “Bybel” noem help ons die beste om hierdie Persoon te volg. Die Geskrewe Woord is ‘n kaart wat ons lei na die Lewende Woord. Of, soos Jesus dit self gestel het, “Alle Skrif getuig van My.” Die Bybel is nie die bestemming nie; dis ‘n kompas wat na Jesus wys, die “hemelse Suiderkruis”.
Die Bybel beskik nie oor ‘n plan of ‘n bloudruk vir die lewe nie. Die “goeie nuus” was nie ‘n nuwe stel wette, of ‘n nuwe stel etiese stellings, of ‘n nuwe en beter plan nie. Die “goeie nuus” was die storie van ‘n Persoon se lewe, net soos wat dit gereflekteer word in die Apostoliese Geloofsbelydenis. Die Misterie van Geloof gaan oor hierdie storie: “Christus het gesterf, Christus het opgestaan, Christus gaan weer kom.” Die betekenis agter Christenskap berus nie op ‘n alliansie van komplekse teologiese doktrines nie, maar op passievolle liefde vir ‘n lewenswyse in die wereld, wat om die volgelingskap van Christus draai, wat ons geleer het dat liefde die enigste bestandeel is wat ware sukses tot gevolg het…. nie rykdom of gesondheid nie, maar liefde. En God is liefde.
9. Slegs Jesus kan die leemte in die hart van die kerk vul, en die kerk se wese vul. Jesus Christus kan nie van Sy kerk geskei word nie. Alhoewel Jesus onderskei word van Sy Bruid, is hy nie geskei van haar nie. Sy is egter Sy persoonlike Liggaam hier op aarde. God het besluit om alle mag, outoriteit en lewe in die lewende Christus te beliggaam. En God in Christus word slegs volledig geken in en deur Sy kerk. (Soos Paulus dit gestel het, word die “menigvuldige wysheid van God bekend gemaak deur Sy gemeente (ekklesia). )
Die Christelike lewe is daarom ook nie ‘n individuele inisiatief nie. Dit is ‘n gemeenskaplike reis. Om Christus te ken, en Hom bekend te maak, is nie ‘n individuele missie nie. Diegene wat verkies om die lewe as ‘n solo vlug te benader sal met ‘n slag aarde toe kom. Christus en Sy kerk is intiem verbind en saamgevoeg. Wat God saamgevoeg het, mag geen mens skei nie. Ons is geskep vir ‘n lewe saam met God; die enigste geluk op aarde is gesetel in ‘n lewe saam met God. En God se eie plesier en genot word ook in hierdie verhouding uitgeleef.
10. In ‘n wereld wat sing “O, wie is Jesus?”, en ‘n kerk wat sing “O, kom ons wees soos Jesus”, wie sal uit volle bors sing “O, hoe lief het ek Jesus!”
As Jesus uit die dood kon opstaan vir ons, kan ons tog sekerlik uit die bed uit opstaan, van ons rusbanke af opstaan, van ons gemakstoele af opstaan en reageer op die lewegewende opstandingskrag van ons Here in ons, deur by Jesus aan te sluit by dit waarmee Hy besig is in die wereld. Ons nooi ander om by ons aan te sluit – nie deur onsself van planeet Aarde af te verwyder nie, maar om met ons voete plat op die aarde te wees, en in hierdie wereld te kan triomfeer deurdat ons kan leef binne God se doelwit en vreugde wat Hy in ons het. Ons is nie van hierdie wereld nie, maar ons lewe in hierdie wereld vir die Here se doelwit en belang. Ons, gesamentelik, as die ekklesia van God, is Christus vir en in die wereld.
Mag God mense op hierdie aarde mense van Christus wees, wat deur Christus leef, en vir Christus leef. Mense van die kruis. Mense wat oorweldig is deur God se ewige passie, wat is om Sy Seun te verheerlik en Hom die hoof oor alles en almal, sigbaar en onsigbaar, te maak. Mense wat die aanraking van die Almagtige God ontdek het, deur die aanraking van Sy Seun. Mense wat net een ding begeer, en dit is om Christus te ken, en dit is Christus die gekruisigde. Mense wat alle ander dinge ondergeskik plaas aan Jesus. Mense wat erns maak met die diepte, die rykdom, die genade van jesus, en wat Sy aanraking ervaar, wat Sy liefde ervaar, en wat HOM in al Sy glorie en heerlikheid aan ander bekendmaak.
Die twee van ons mag oor heelwat dinge verskil – of dit nou ekklesiologie, eskatologie, sotoriologie, om nie eers te praat van politiek, globalisasie en ekonomie nie.
Maar in ons twee laaste boeke – From Eternity to Here en So Beautiful – het ons die basuin van eenheid geblaas. Daardie twee boeke is die Manifeste wat tot hierdie Manifes gelei het. Hulle stel die visie duidelik wat beide ons harte aangegryp het, en wat ons geroepe voel om aan die Liggaam van Christus te verkondig – “Hierdie EEN DING weet ek” (Joh 9:25)is die EEN DING wat ons almal verenig:
Jesus die Christus.
Christene volg nie Christenskap nie; Christene volg Christus.
Christene preek nie hulself nie; Christene verkondig Christus.
Christene wys nie mense na kernwaardes nie; Christene wys mense na die kruis.
Christene preek nie oor Christus nie, Christene preek Christus.

Meer as 300 jaar gelede het ‘n Duitse leraar ‘n lied geskryf wat geskoei is op die Naam bo alle name:
“Vra jy my watter groot ding weet ek,
Wat my so opgewonde en bly maak?
Wat is die groot beloning wat ek kry?
Wie se naam is dit waarin ek vreugde vind?
Jesus Christus, die gekruisigde.
Dit is daardie groot ding wat ek weet; wat my so bly en opgewonde maak;
Geloof in Hom wat gesterf het om te red, Hy wat oor die dood en graf triomfeer het.
Jesus Christus – die gekruisigde.
___
Jesus Christus – die gekruisigde, opgewekde, bekroonde, triomfantelike, lewende Here.
Hy is ons Doel, ons Passie, en ons Lewe.
Amen.

LC 2 en 3 Junie 2009

Vir die boek van Eugene H. Peterson: Christ Plays in Ten-Thousand Places (Unabridged) gaan na www.christianaudio.com


Gaan kyk na www.mindofafox.com. Nelus Niemandt praat daarvan in sy boek. Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede. bl 53


Dries Lombaard se clips: Broken Escalator.mp4
Find more videos like this on Learning Community Test Your Awareness Do The Test.mp4 Dries het ook 'n stuk uit die fliek Chocolat gewys. Gaan kyk by www.kalahari.net vir die fliek.


Dries Lombaard se powerpoint: Nuwe Drome.ppt
Rudi Rust se powerpoint: Rudi Rust_powerpoint_1.ppt
Ettienne Schoeman se powerpoint: Stephan Joubert se powerpoint: jona en God se missio_1.ppt
Gaan kyk na die Leonard Sweet page op facebook. So Beautiful.mp4
Gaan kyk na Tom Honey se video op www.ted.com
Johan Beukes se opsoming: LC 030609 So beautiful Inleiding.doc
 
 

About

Dries Lombaard Dries Lombaard created this social network on Ning.

Create your own social network!

Members

  • Heidi Human
  • Willem Strauss
  • Louis
  • Jacques Bornman
  • Mynhardt van Pletsen
  • maxie
  • Rassie
  • Jaques Grobler
  • Lizette Viviers
  • Gys du Plessis
  • Adriaan Hubinger
  • Almero Oosthuizen
 

© 2009   Created by Dries Lombaard on Ning.   Create Your Own Social Network

Badges  |  Report an Issue  |  Privacy  |  Terms of Service